Freemasons Bloemfontein Vrymesselaars

 

Masonic Centre Bloemfontein Masonieke Sentrum

 

Wat is Vrymesselary

Daar is verskeie definisies van Vrymesselary. Die beste, en dalk die eenvoudigste, is die volgende: 

“Vrymesselary is ‘n stelsel van sedelike onderrig wat sinnebeeldig voorgestel word en deur tekens verduidelik word.”

Die idee om deur middel van sinnebeelde en tekens onderrig toe te pas, is nie ‘n nuwe konsep nie en alle groot leermeesters deur die eeue heen het min of meer van hierdie stelsel gebruik gemaak. Die stelsel van sedelike onderrig wat ons Vrymesselary noem, is wat elke Vrymesselaar uit leef. Indien hierdie stelsel die beginsels insluit waarmee ‘n kandidaat bekend is, voordat hy aangesluit het by die Orde, sal hy in elk geval vind dat hierdie beginsels in nuwe maniere en in verskillende vorme aangebied word. Indien ‘n kandidaat egter niks nuuts vind in Vrymesselary nie, moet hy ingedagte hou dat daar in sommige aspekte wel “ niks nuut onder die son is nie”, en dat die kern van sedelikheid, te vinde is in die volkome eenvoudigheid van sy vereistes. Die elementêre prinsiepe van Vrymesselary, word met voorbeelde uitgebeeld in die drie grade van Vrymesselary, wat regdeur die wêreld beoefen word. Bykans elke gemeenskap in die Verenigde Koninkryk, het een of meer Masonieke Losie en geld ter selfde tyd vir ander gemeenskappe regoor die aardbol, maar veral Engelsprekende lande. Elke Losie het sy eie ampsdraers, met die Meester as die hoof van die Losie. Verder het elke Losie sy eie komitees en in sekere gevalle besit ‘n Losie eiendom. Aan die anderkant is elke Losie onderhewig aan die gesag van die Grootlosie in die land of Provinsie waar sy haar Oktrooi vanaf ontvang het. Die drie Britse Grootlosies het ook verskeie Losies in ander lande, veral lande wat deel vorm van die Statebond en so het verskeie Statebondslande hulle eie Grootlosie. Wanneer u ‘n lid word van ‘n Losie onder gesag van die Skotse Konstitusie, word u onderhewig, nie net aan die algemene gebruike en gewoontes van die Orde nie, maar ook aan die wette en regulasies van die Grootlosie van Skotland, asook die by-wette van die betrokke Losie waar u aansluit. Vrymesselary sal egter nooit van u verwag om iets te doen wat teenstrydig is met u plig teenoor God, u land, naaste of familie nie. Met u vordering in Vrymesselary, wat waarskynlik weke of selfs maande, kan neem, sal u ingelyf word as ‘n Leerlingvrymesselaar, bevorder word tot ‘n Metgeselvrymesselaar en verhef word as ‘n Meestermesselaar. Daar is wel ‘n ritualistiese seremonie van ‘n baie ernstige aard en is gepas met elke stap van vordering wat u maak. U sal gevra word om ‘n plegtige belofte van getrouheid te maak om nooit die aard van hierdie seremonies, onder watter omstandighede ookal, te openbaar nie. U moet egter in gedagte hou dat daar niks van u verwag sal word wat teenstrydig is met u godsdienstige, publieke of ander pligte nie. U eerste plig is om die seremonie kalm en ernstig te bestudeer en met ‘n oop gemoed, u aandag skenk aan die sedelesse wat aan u oorgedra word.

WAT IS VRYMESSELARY NIE

Sommige van die dinge wat Vrymesselary nie is nie, en ook nog nooit gesê het dit is nie, kan aan u uitgewys word sodat daar nie by u die verkeerde indruk van die Orde geskep word nie. Vrymesselary is NIE ‘n geloof nie en ook nie ‘n plaasvervanger van enige geloof nie. Dit het sy eie filosofie wat vergelykbaar is met die leerstellinge van die Kerk en ander soortgelyke godsdienstige instansies. In die veld van menslike gedrag is dit aanvullend ten opsigte van geloof, maar geen godsdienstige gesprekke word toegelaat in die Losie nie. Vrymesselary is nie ‘n welwillendheidsorganisasie nie. Dit is wel korrek om te sê dat een van die Orde se basiese prinsiepe die beoefening van welwillendheid is. ‘n Vrymesselaar sal uit nature uit vir die “weduwees en die wese sorg in hul nood”. Hierdie, en ander handelswyses, moet egter terugstaan vir die filosofie van “die reinheid van die lewe en handelswyses” wat een van die groot beginsels van alle Masonieke leerstellinge is. Vrymesselary verseker nie sy lede teen ouderdom nie. Die Orde verskaf geen siekte voordele nie, geen lewensversekering nie en betaal geen gelde uit, met ‘n lid se afsterwe nie. Nie dat Vrymesselary nie glo aan maniere waardeur die samelewing poog om lyding en nood te verlig nie, maar beperk egter die kwessie van persoonlike verligting van diegene waar hierdie nood ontstaan, te spyte van die pogings wat ‘n Broer, of sy familie, maak om hul ekonomiese vryheid te behou. U deel van hierdie saak sal meer die vorm aanneem van ‘n gewer as ‘n ontvanger, behalwe in die geheel, waar elke persoon voordeel kry uit die feit dat dit meer geseën is om te gee as om te ontvang. Vrymesselary gee nie toe aan die bevoordeling van selfsugtige of ander ondermynende belange nie. Enige bymotiewe in hierdie verband, sal mettertyd die lig sien en duidelik word aan u Broers, en u sal uiteindelik hulle respek verloor. ‘n Vrymesselaar kan enige goeie saak ondersteun van sy keuse, maar hy kan egter nie probeer om die Losie te oorreed om dieselfde saak te ondersteun nie. Vrymesselary is nie verbind tot enige politieke beweging of organisasie nie en ‘n Vrymesselaar se politieke oortuigings is sy eie. ‘n Losie kan wel lede hê wat aan politieke partye behoort, maar geen bespreking van enige politieke aangeleentheid word in die Losie toegelaat nie en dus kan ‘n Broer nie enige ander Broer probeer om dieselfde sienings as hyself te hê nie.

WIE KAN ‘N VRYMESSELAAR WORD

Nie elke persoon kan aan die verwagtinge voldoen wat Vrymesselary stel nie. Die primêre vereiste is natuurlik, sedelike beginsels. Iemand wie se karakter in die gemeenskap bevraagteken word, kan nie verwag om ‘n Vrymesselaar gemaak te word nie. Daar is ook ‘n paar ander vereistes waaraan ‘n kandidaat moet voldoen en dit is die volgende;

-Hy moet glo in God.
-Hy moet ‘n lojale burger wees en bereid wees om sy verpligtinge na te kom teenoor God, sy naaste en homself.
-Hy moet ten minste 21 jaar oud wees. (Indien sy vader ‘n Vrymesselaar is of was, kan ‘n persoon op 18 toegelaat word.)
-Sy finansiële posisie moet van so ‘n aard wees dat hy sy verpligtinge teenoor die Losie kan nakom, sonder om homself of sy familie te benadeel.
-Hy moet met geen kriminele aktiwiteite betrokke wees nie. (Geen kriminele rekord)
-Hy moet ‘n opregte behoefte hê om by die Orde aan te sluit en nie net uit nuuskierigheid, navraag doen nie.
-Hy moet bereid wees om sy Losie gereeld by te woon.

U, as voornemende Vrymesselaar, en soos talle Vrymesselaars voor u, moet uit u eie vrye wil en beweging kom om aan die Orde se deur te klop. Daarna moet twee Broers u voorstel en sekondeer. Inteendeel moet hulle kan getuig van u karakter en die opregtheid van u motiewe. In die ware sin van die woord is hulle u Masonieke borge en u moet verantwoordelik genoeg optree dat u woorde en dade, hulle nie in oneer bring nie en die Broers nie deur u teleurgestel word nie.

WAT VERWAG VRYMESSELARY VAN JOU

Die voorregte van Vrymesselary is nie groter as die verantwoordelikhede van sy lede nie. U ondernemings sal nie teenstrydig wees met die wat u reeds aangeneem het ten opsigte van die deugsaamheid van u lidmaatskap in die samelewing nie en inteendeel sal Vrymesselary dit versterk. Dus, om Vrymesselary te vra om haar verlede, hede en toekoms te deel, asook te deel in die voorregte van Broederskap, moet u ingedagte hou dat hierdie verhouding ‘n omgekeerde een is. Die roeping van ‘n Vrymesselaar is ‘n hoë een en u moet poog om nooit daarvan af te wyk nie. Lojaliteit teenoor u Familie, Land en die Losie word ten alle tye aangemoedig. Patriotisme is u plig en u moet altyd die land van u geboorte lief hê, respekteer en die wette gehoorsaam. Vrymesselary beskerm die belange van die weduwees en die wese. Al die deugde wat deur ons voorgangers uitgevoer is, word vandag nog steeds beoefen.

What is Freemasonry?

Introduction:

Freemasonry is one of the world's oldest secular fraternal societies. This website is intended to explain Freemasonry as it is practiced under the Grand Lodge of Scotland, which administers Lodges of Freemasons in Scotland and in many places overseas like South Africa. The explanation may correct some misconceptions. Freemasonry is a society of men concerned with moral and spiritual values. Its members are taught its precepts by a series of ritual dramas, which follow ancient forms and use stonemasons' customs and tools as allegorical guides.

The Essential Qualification for Membership:

The essential qualification for admission into and continuing membership is a belief in a Supreme Being. Membership is open to men of any race or religion who can fulfill this essential qualification and are of good repute.

Freemasonry and Religion:

Freemasonry is not a religion, nor is it a substitute for religion. Its’ essential qualification opens it to men of many religions and it expects them to continue to follow their own faith. It does not allow religion to be discussed at its meetings.

The Three Great Principles:

For many years Freemasons have followed three great principles:
Brotherly Love - Every true Freemason will show tolerance and respect for the opinions of others and behave with kindness and understanding to his fellow creatures.
Relief -- Freemasons are taught to practice charity, and to care, not only for their own, but also for the community as a whole, both by charitable giving, and by voluntary efforts and works as individuals.
Truth -- Freemasons strive for truth, requiring high moral standards and aiming to achieve them in their own lives.
Freemasons believe that these principles represent a way of achieving higher standards in life.

Charity:

From its earliest days, Freemasonry has been concerned with the care of orphans, the sick and the aged. This work continues today.
Freemasonry and Society:
Freemasonry demands from its members a respect for the law of the country in which a man works and lives. Its principles do not in any way conflict with its members' duties as citizens, but should strengthen them in fulfilling their private and public responsibilities. The use by a Freemason of their membership to promote his own or anyone else's business, professional or personal interests is condemned, and is contrary to the conditions on which he sought admission to Freemasonry. His duty as a citizen must always prevail over any obligation to other Freemasons, and any attempt to shield a Freemason who has acted dishonorably or unlawfully is contrary to this prime duty.

Secrecy:

The secrets of Freemasonry are concerned with its traditional modes of recognition. It is not a secret society, since all members are free to acknowledge their membership and will do so in response to inquiries for respectable reasons. Its constitutions and rules are available to the public. There is no secret about any of its aims and principles. Like many other societies, it regards some of its internal affairs as private matters for its members.

Freemasonry and Politics:

Freemasonry is non-political, and the discussion of politics at Masonic meetings is forbidden.

Other Masonic Bodies:

Freemasonry is practiced under many independent Grand Lodges with standards similar to those set by the Grand Lodge of Scotland. There are some Grand Lodges and other apparently Masonic bodies which do not meet these standards, e.g. which do not require a belief in a Supreme Being, or which allow or encourage their members to participate in political matters. These Grand Lodges and bodies are not recognized by the Grand Lodge of Scotland as being regular, and Masonic contact with them is forbidden.

A unique Institution with global membership:

People from all walks of life become Freemasons for a variety of reasons. Some are attracted by the valuable work that the movement performs in raising money for charity. A proportion of these funds are used to assist Freemasons and their dependents in times of need, particularly the sick and the elderly, but the greater part goes to non Masonic charities - local, national and international. Freemasons also assist the community in more direct ways, such as carrying out voluntary work. Others become Freemasons because of the unique fellowship it provides. Visit a Masonic lodge anywhere in the country – or indeed, the world – and you are greeted as an old friend. Freemasonry is the ultimate leveller, a community where friendship and goodwill are paramount.

Personal satisfaction not personal gain:

It has been said that some people become Freemasons for personal benefit. This statement is true, but for the wrong reasons. The personal gain is in experiencing the warmth of an honourable society and being part of an organisation that works hard to help the less fortunate of the world. Freemasonry does ask its members to give as freely as they can to charity. How often have we told ourselves that we really should send money to help with some famine or other disaster we have seen on TV, only to forget all about it in the rush of everyday life? Freemasonry provides a structured channel for fundraising from its members and reacts quickly when help is needed urgently.

Masonic symbolism has a purpose:

But what about the so-called funny handshakes and the outlandish dress styles? Freemasonry has been in existence for over 300 years and over this time has developed a pattern of rituals. They are no more outlandish than ceremonies such as the State Opening of Parliament but, like this event, they perform a valuable function in reminding members of the heritage and standards they are expected to maintain. Once people have become Freemasons and understand the context of the rituals and symbolism, they no longer seem quirky.

Conclusion:

A Freemason is encouraged to do his duty first to God through his faith and religious practice; and then, without detriment to his family and those dependent on him, to his neighbour through charity and service.

None of these ideas is exclusively Masonic, but all should be universally acceptable. Freemasons are expected to follow them.

 

 

Copyright © 2011 Masonic Lodges. All Rights Reserved.
Website by SnapSites - http://www.snapsites.net - All rights reserved.